Glitter - Tuis
 

Hierdie maand se uitgawe

  • Voorblad: Verweefde liefde
    Voorblad: Verweefde liefde

    Cor en Rene Grobbelaar se lewens is verweef op verskeie terreine, as man en vrou, ouers en as besigheidsleiers. Glitter het by hulle gaan uitvind hoe hierdie verweefde rolle in hulle verhouding uitspeel. 

    Read more...
  • Bederfdag: Wow, is dit regtig ek?
    Bederfdag: Wow, is dit regtig ek?

    Roani Bowie het al baie swaar in haar lewe gehad, maar sy glo nie aan opgee nie. Die Glitterspan het haar vir ’n dag bederf en gewys dat die lewe soms vir jou glimlag.

    Read more...
  • Resep: 'n Tikkie Afrika
    Resep: 'n Tikkie Afrika

    Kwet van der Merwe en sy familie hou almal van kosmaak en deel graag resepte op sosiale media. Hoewel wildsvleis en bredies hom na aan die hart lê, deel hy graag ’n eg Afrika-resep met lesers.

    Read more...
  • Ken Mekaar: Maak jou lewe 'n sukses
    Ken Mekaar: Maak jou lewe 'n sukses

    Martie Theron noem al vir Kimberley vir amper vier jaar haar huis. Hier is haar karakter gevorm soos wat diamante gevorm is en vertel hoe sy haar hoogtes bereik het ten midde van moeilike omstandighede. Uit ’n gebroke huis het Martie besluit om haar lewe ’n sukses te maak en ander te beïnvloed deur haar leefwyse. Haar vriende beskryf haar as hardwerkend passievol en vreugdevol. Glitter vind meer uit oor hoe Martie haar omstandighede hanteer het en haar gemaak het wie sy vandag is.

    Read more...
  • 10 min met: Oop harte maak alles ligter
    10 min met: Oop harte maak alles ligter

    In 'n wêreld met soveel seer dink jy steeds soms dat jy die enigste een is wat deur 'n donker tyd gaan, maar wanneer jy soos Kimberley se Helpende Hand-span jou kop begin oplig en na die mense om jou begin omsien, ontdek jy vinnig dat jy nie alleen is nie en dat daar baie ander om jou is wat swaarder kry. Die span deel hulle suksesstories met ons en nooi jou om deel te raak.

    Read more...
  • Inspirasie Chrizelna Coetzer
    Inspirasie Chrizelna Coetzer

    Van ’n klein dorpie met 'n groot hart vertel Chrizelna Coetzer hoe sy haar uitdagings in haar lewe aangepak en oorkom het. Sy kon eerstehands ervaar hoe alkohol ’n gesin kon beïnvloed en omstandighede wat hulle nie oor beheer gehad het nie almal affekteer. Vandag is sy besig met haar Meesters in Forensiese Maatskaplike werk en werk voltyds as die maatskaplike werker by die kinder- en jeugsorg sentrum waar haar werk meestal terapie behels. Sy kan met trots terug kyk hoe sy die keuse gemaak het om haar lewe in 'n sukses te verander en haar passie ontwikkel het ’n verskil in kinders se lewe te maak. Diereliefhebber en passievol sal Chrizelna nie iets aanpak as sy nie weet sy gaan dit voluit doen nie. Chrizelna het dryfkrag geleer nadat sy haar studies by Pukke opgegee het en later weer probeer het om verder te studeer. Hierdie keer het sy 'n sukses gemaak van haar studies en selfs nog vêrder gekom as wat sy nog kon droom.

    Read more...
  • Leser: Familieman deur dik en dun
    Leser: Familieman deur dik en dun

    Philip Piek het die begin van die jaar die Wes-Kaap vir Kimberley verruil om sy skoene in hulle familiebesigheid vol te staan.

    Read more...
  • Praat saam: Lewe "off the grid"
    Praat saam: Lewe "off the grid"

    ‘n Bankfout elf jaar gelede het gelei daartoe dat Harry vandag nie 'n sent vir water en ligte hoef te betaal nie. In Kimberley, wat van die hoogste munisipale tariewe in die land het, sou baie mense graag in sy skoene wou wees.Glitter het met hom gesels om uit te vind hoe hy amper R120 000 'n jaar spaar deur onafhanklik te wees van die dorp se water- en elektrisiteitsisteme. 

    Read more...
  • Couple: Die een nooit sonder die ander nie
    Couple: Die een nooit sonder die ander nie

    Soek jy vir Doutjie van Wyk, is hy by René en as jy wonder waar sy is, is dit nie ver van Doutjie af nie. Dié twee is gemaak vir mekaar.

    Read more...
  • Dekor: Winterwenners
    Dekor: Winterwenners

    Kul die koue met ‘n verskeidenheid sagte, snoesige komberse, kerse, warmwatersak of nuwe koffiebekers.

    Read more...
  • Sport: Volkspele - vir die hele familie
    Sport: Volkspele - vir die hele familie

    Vir baie mense loop die woorde "volkspele, outyds en oumense" hand-aan-hand. Daar is selfs mense wat glo hierdie tradisie bestaan nie meer nie. Maar in Kimberley is hierdie kultuur nog iets wat deur verskeie mense aan die gang gehou word en is meer mense hierby betrokke as wat baie van ons lesers sal dink. Ons spog selfs met ’n paar skoliere wat die Noord-Kaap op nasionale vlak in volkspele gaan verteenwoordig. Glitter gesels met Nico en Nathania Terblanche wat al jare lank volkspele speel en dit is ook juis by ’n volkspelekamp waar hulle mekaar ontmoet het.

    Read more...
  • Fokus Op Kom ons maak eko-bakstene
    Fokus Op Kom ons maak eko-bakstene
    Kimberley, die Noord-Kaap, Suid-Afrika en die hele wêreld sit met een enorme probleem: plastiekbesoedeling. Daar word beraam dat daar teem 2050 waarskynlik meer plastiek as visse in die see sal wees. Dit is tyd dat ieder en elk, groot en klein, begin saamwerk om die reusekrisis te probeer afweer. Ons moet minder plastiek gebruik en dit was ons gebruik, herwin! Glitter vertel jou meer.
    Read more...
  • Ontmoet vir: Anmari Coetzee
    Ontmoet vir: Anmari Coetzee

    Van voeltjies versorg na veearts verpleegster vertel Anmari Coetzee (22) haar storie. Sy is gedrewe, aanpasbaar en empaties met mense en diere. Vandag is sy ’n veearts verpleegster in Kimberley wat haar werk met passie aandurf en skrik nie vir lang ure of vroeg opstaan nie. 

    Read more...
  • Kimberliet kuier in Israel
    Kimberliet kuier in Israel

    André Venter en sy vrou Desiré is die jaar 40 jaar getroud. Hierdie pastoorspaar by City of Hope het al in Graad twee ontmoet. André se ouers het hom op die ouderdom van fyftien vir die eerste keer blootgestel aan die wêreld buite Suid-Afrika waar die reis-gogga hom nog nie gelos het nie. Hulle al twee pak die lewe aan met passie en elke uitdaging is ’n avontuur. Hierdie paartjie het ook dit nagelaat aan hulle kinders en glo dis die beste onderwys wat hulle kan kry is om blootgestel te word aan ander kulture en lewenservaring op te doen.

    Read more...

Nog artikels

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?