Augustus 2017
 


Daar is 'n ou spreekwoord in Afrikaans wat lui: "Trou is nie perde koop nie".Dié spreekwoord kom uit 'n tyd toe perde koop en trou nog min of meer op 'n glyskaal van kompleksiteit kon vergelyk.
Een van die elemente wat trou vandag soveel meer ingewikkeld maak as perde koop is natuurlik die troudag self, meer spesifiek die keuses wat 'n bruid moet maak daaroor.Een studie wat gedoen is op bruide het getoon dat die gemiddelde bruid tot soveel as 800 uur spandeer aan die beplanning van haar troue.
As jy 'n bruid is en jou 800 ure se beplanning meer effektief wil gebruik of selfs minder wil maak sal jy bly wees om te hoor dat Glitter 'n paar Apps gaan soek het wat jou beplanning meer soos perde koop sal laat voel.

Soms neem dit jare om iemand te motiveer om iets positiefs te doen. In ander gevalle is een goeie daad nodig om ’n persoon se lewe radikaal te verander. Nathalia Borchard kan van oomblikke soos hierdie getuig.

Riaan en Sorita Venter het dit reggekry om hul liefde oor kilometers heen te laat seëvier. Die egpaar het geleer om saamweestye te koester en die meeste daarvan te maak.

Attie en Ronel van Heerden se huis in Belgravia is een van Kimberley se ou juwele. Ronel het dit reggekry om die karakter van die huis te behou deur antieke ware met moderne dekor te kombineer.

Datum                  Maandeliks

Wat                        Werkswinkel om normale ontwikkeling van baba te stimuleer vir swanger mammas en mammas met babas tussen 0-12 maande.

Waar                     Caritas-gemeenskapsfokus : Arbeidsterapie-praktyk

Kontak                  Jeanine of Melissa by 072 378 3968

Datum:                   29 – 30 September 2017

Funksie:                DCD Diamond Rally

Venue:                   Yonder-terrein

Kontak:                  Petro 079 872 9079

 

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?