Kompetisie reels
 

Kompetisie reels

’n Paar reëls oor kompetisies

  1. Die sluitingsdatum sal altyd aangedui word. Kyk asseblief hierna. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Die wenners word altyd op die aangeduide tyd aangekondig. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  2. Inskrywings moet sover moontlik volgens aanwysings op ons kompetisie/Facebookblad gedoen word.
  3. Inskrywings en foto’s word die eiendom van Glitter. Alle foto’s mag in Glitter, Glitter se Facebookblad of in die tydskrif self en op diskresie van die redakteur gepubliseer word.
  4. Wenners en finaliste moet bereid wees om afgeneem te word.
  5. Wenners sal deur middel van e-pos, of op ons Facebookblad, in kennis gestel word.
  6. Alle wenners moet binne 24 uur na hulle name aangekondig is, met Glitter in verbinding tree, anders sal die prys verbeur word; of aan die volgende wenner gegee word.
  7. Geen pryse kan vir kontant geruil word nie en is nie oordraagbaar nie.
  8. Wanneer jy inskryf, stem jy om by ons reëls te hou.
  9. Werknemers en hulle gesinne van Independent Media (Glitter se moedermaatskappy) mag nie aan kompetisies deelneem nie.
booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?