Maart 2017
 

Die Afrikaanse spreekwoord lui die dae van wonderwerke is nog nie verby nie. Heinrich Weideman het verlede jaar so ’n wonderwerk aan sy eie lyf ervaar. 

“Toe ek met die tuin begin het, het ek nie kennis van tuinmaak gehad nie. Ek het nie eers geweet wat plante se name is nie.” “Nou werk ek self hard in die tuin en ek sien baie vinniger resultate as in die gym.”

Min mense geniet alles in hulle lewens. Loer jy by Esther Ford in, besef jy sy is van die min mense wat alles in die lewe voluit geniet. “As ek in die spieël kyk, kan ek sien dat ek al in my 70’s is, maar in my hart voel ek steeds 30,” skerts sy.

Ensie en Annatjie Enslin ken mekaar al ’n leeftyd. Saam het hul ’n gesin grootgemaak en diep spore in die bediening en in die mense van Kimberley se harte getrap. 

Shirley James glo aan daardie ekstra tikkie moeite, veral as dit by soetgoed kom. Sy is lief vir navorsing en boeke, en het dié besonderse resep vir ’n yskastert op die internet raakgelees. Sy gebruik ’n interessante driehoek-bakpan (deur Johan Kotze van Kimberley vervaardig) vir die tert. “’n Goeie vriendin wat heerlik kan bak, sê altyd: gebruik die beste bestanddele as jy iets spesiaals maak, sodat jou tyd, energie en liefde wat jy in jou resep insit, op jou gaste se gesigte weerspieël word wanneer hul jou gebak geniet!”

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?