Dekor: Speel met kleur
 

Dekor: Speel met kleur

Jolanda van Rooyen hou van kleur. Hoe bonter, hoe beter! Jolanda se kombuis is haar heiligdom - dis hier waar sy uiting aan haar kreatiewe idees gee en nuwe resepte uittoets.

Jolanda sê haar kombuis het nie regtig ’n tema nie. “Ek is nog altyd mal oor Olivia-kuns en toe sy haar teëls bekendstel, het ek net geweet ek móét daarvan in my kombuis hê. Ek sê altyd as niks bymekaar pas nie, pas alles bymekaar!” Sy kry baie van haar idees op Pinterest en hou daarvan om uit die boks te dink. “Ek het al van ’n klein dogtertjie af oor ’n blou kombuis gedroom. My man was maar eers skepties oor die kleur.”

Jolanda hou van die tekstuur van die sementmure en het dit behandel vir ’n moderne voorkoms. Sy gee baie aandag aan detail en koop graag by padstalle of kunstige dorpies soos Clarens. Maar jou huis se dekor hoef jou nie ’n fortuin te kos nie. Jolanda en haar dogtertjie, Mieke, het prente ingekleur, waarna sy woorde bygesit en dit op fotopapier gedruk en geblok het.

Vandeesmaand word vroue landwyd vereer. As ma van drie besige woelwaters, voltydse fotograaf , vrouwees en die huishouding aan die gang hou, is tyd vir vriendinne egter min, maar Jolanda sê sy koester elke koffie date en lawwe voicenote. “Ons maak tyd vir mekaar. Al is een nog in pajamas, ons sorg dat ons daai koffie inwerk. Ek is dankbaar vir vriendinne saam met wie ek kan lag en huil, wat saam met my bid en wat altyd daar is om te luister, raad te gee en bereid is om te help waar hulle kan. – Ilette Coetzer

 

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 132 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?