Kersfeesbabas
 

Kersfeesbabas

Zuhan Wepener Zuhan Wepener

Zuhan Wepener (3 maande)

Wat maak haar lag?

Geselsies aanknoop.

Kersfeeswens?

Gesonde kindertjies vir feestyd en dat almal wat reis veilig by hulle bestemmings sal uitkom.

Eerste woordjies?

Baba bubble

 

Zanri van Heerden (15 maande):


Wat maak haar lag?

Sy lag altyd vir Peek-a-boo saam met haar boetie.

Kersfeeswens?

Ons wens dat die Kerstyd 'n minder gejaagde tyd vir families sal wees. Dat ons mekaar sal geniet en waardeer en Jesus as die middel van die samesyn sal vier.

Eerste woord?

Pappa

 

Christiaan Jacobs (2 maande):

Wat maak hom lag?

Hy begin nou eers bietjie lag as mens met hom gesels.

Kersfeeswens?

Sal seker sê klere of ietsie wat hy kan gebruik.

 

Kellan Harmse (6 maande):

Wat maak hom lag?

As jy vir hom sing of dans of kielie.

Kersfeeswens?

Dat almal vreugde en vrede sal ervaar gedurende hierdie Kerstyd.

Eerste woord of geluid?

te..te

 

Nova Caiden Baadjies ( 7 maande):

Wat maak haar lag?

As hy met sy stuurwiel speel, veral as hy die hooter blaas of as hy saam met sy aunty speel (my suster van 12 jaar oud).

Kersfeeswens?

Dat hy 'n kar kan besit waarIn hy kan sit en ry.

Eerste woorde?

Ouma en Dada .

 

Leah Scarlett Malherbe ( 4½ maande):

Wat maak haar lag?

Sy lag wanneer Pappa haar voetjies byt.

Kersfeeswens?

Om al die oumas en oupas saam te hê vir Kersfees.

Eerste woord of geluid?

Whooooo

 

Jade Simeler (15 maande):

Wat maak haar lag?

Peek-a-boo

Kersfees wens?

Mag sy net gelukkig en gesond wees.

 

Liané Nel (9 maande):

Wat maak haar lag?

Haar pappa en haar sussie laat haar lekker lag

Kersfeeswens?

Dat ons as gesinnetjie net lekker saam kan speel en kuier

Eerste geluidjies?

Grrrrrr

 

Linika Strauss (2 maande):

Wat maak haar lag?

Mamma

Kersfeeswens?

Net 'n lekker Kersfees saam met haar pappa en boeties.

Eerste geluidjies?

Sy maak nog net koergeluidjies soos 'n duifie, dis so mooi.

 

Henti van Niekerk (23 maande):

Wat maak hom lag?

Hentie is 'n baie gelukkige seuntjie en lag maklik. Hy lag die lekkerste wanneer ek en sy pa hom in die huis rondjaag en hy wegkruipertjie speel. Wanneer ons hom vang, lag hy baie lekker.  

Kersfeeswens?

Hentie sou seker 'n groot fiets wou hê. Ons wens vir hom is dat hy Jesus se liefde sal ervaar en die liefde en saamwees van familie sal geniet.

Eerste woord?

Sy eerste klank was mamma en later ook sy eerste woord.



Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 513 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?