Ken Mekaar: Maak jou lewe 'n sukses
 

Ken Mekaar: Maak jou lewe 'n sukses

Martie Theron noem al vir Kimberley vir amper vier jaar haar huis. Hier is haar karakter gevorm soos wat diamante gevorm is en vertel hoe sy haar hoogtes bereik het ten midde van moeilike omstandighede. Uit ’n gebroke huis het Martie besluit om haar lewe ’n sukses te maak en ander te beïnvloed deur haar leefwyse. Haar vriende beskryf haar as hardwerkend passievol en vreugdevol. Glitter vind meer uit oor hoe Martie haar omstandighede hanteer het en haar gemaak het wie sy vandag is.

Mens het nie altyd beheer nie, maar 'n keuse hoe om dit te hanteer

“My tweelingsussie is ses en ’n half jaar terug oorlede aan breinkanker. Dit het my geleer om van ’n baie jong ouderdom onafhanklik en selfversekerd te wees. Ek kon kies om myself jammer te kry of ek kon kies laat so iets my inspireer. Ek het gekies om met dubbeld soveel oorgawe te leef, en mense daardeur te inspireer. As mens terugkyk, weet mens nie altyd hoe jy dit reggekry het nie, maar nou weet ek die Here was net nog altyd naby my.”

Sukses en gawes is nie vir jouself nie

Vir Martie is dit baie belangrik om nie haar talente en gawes vir haarself te hou nie. “Ek is besonders bevoorreg, maar ek weet dit alles kom as ’n geskenk van die Here af.” Daarom probeer Martie altyd getrou wees wat vir haar toevertrou is en met alles wat sy aanpak verdubbel en verbeter. Sukses motiveer mens, maar dit moet nie jou identiteit wees nie.
“Sukses kan baie dinge wees, verskeie karre, ’n groot huis, ’n vet bankrekeninge, populariteit en nog meer, maar jy kan dit alles hê en nogsteeds nie gelukkig wees nie. So vir my, kan jy nie sukses aan wêreldse standaarde meet nie, maar meer aan geluk. Stel ek vir myself doelwitte, poog ek aan om elke dag beter en sterker te wees as voorheen en kyk gedurig of ek uit my vorige foute leer. Dit is sukses vir my.”

 

Prioriteite is belangrik in almal se lewe, wat is joune?

In vandag se besige wêreld is dit belangrik om mens se lewe te prioritiseer. As jy nie jou tyd gaan beheer nie, gaan iemand anders. Vir Martie is haar belangste prioriteite haar geestelike lewe, werk en haar verhoudings.
“My nommer een prioriteit is om Hom elke liewe dag te dien en beter te leer ken. Om die bes moontlike voorbeeld van ‘n Koningskind te wees. Daarna is my werk vir my belangrik. Ek is geroep om ’n Goddelike-besigheidsvrou te wees, en meeste van my tyd en energie bestee ek hieraan. Ek is só geseënd, meer as wat ek myself ooit kon indink en meer as wat ek ooit sal verdien. Dit is vir my besonders vervullend om aan iets te gee en aan iets te bou wat ’n baie groter doel het as ek. Vir my is dit ’n absolute voorreg om die Koningkryk te bevorder. Kimberley het vir my baie potensiaal om te groei en sal graag wil sien dat dat Kimberley groter begin dink en nóg groter begin droom. Verhoudings is dan natuurlik ook belangrik heg ek groot waarde daaraan om tyd uit te sit vir dit.”

Wie is die persoon wat jou die meeste beïnvloed het in wie jy vandag is?

Amy Visagie is my hartsvriendin, vertroueling en invloed. Ek het by haar geleer om mense lief te hê en te geniet nes hul is en om bo alles “committed” te wees aan wat vir jou belangrik is.

Jy is tans in ’n verhouding, hoe sal jy ander meisies wil motiveer om in ’n gesonde verhouding te wees?
Die persoon wie jy kies om die res van jou lewe mee saam te spandeer is seker die belangrikste keuse wat ’n jong persoon kan maak. Dit bepaal grootliks jou “destiny”. So ons moet mooi kies.
Ek het my kêrel in die kerk ontmoet, en dit maak dit soveel makliker omdat ons altwee dieselfde geloofsoortuigings en doel in die lewe het. Ons het ook heelwat ingemeen as dit by belangstellings en stokperdjies kom. Ek dink dis baie belangrik dat nie een persoon in ’n verhouding haar/sy identiteit verloor nie. Jy kan mekaar beïnvloed en help skaaf, maar jy moet versigtig wees om nie jou eie identiteit (in God) te vergeet nie. - Elicia Grobbelaar

 

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 1065 times
More in this category: « Inspirasie Chrizelna Coetzer

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?