Redakteur: Wat kan ek vir jou doen?
 

Redakteur: Wat kan ek vir jou doen?

Dis einde van die jaar en daarmee saam kom partytjies en afskeide. Die jaar begin afplat, jy kan dit voel. Kinders is heeldag by die huis, die oggende is rustiger en nie meer so gejaagd nie.

Lysies van nuwe skoolbenodigdhede word op die yskas geplak en die Kersboom is opgemaak.

Toinette Janse van Rensburg, vrou van Dupie wat vir ons skryf, Whatsapp my vroeër die maand en vra of sy my kan help met ons afskeid.

 Ek’s nie fantasties daarmee om mense toe te laat om goed vir my te doen nie. Ek hou van my dinge self doen en gewoonlik raak ek so oorweldig, ek kom nie by alles uit nie. (Sy het vir twee maande saam met my gewerk, so sy het dit vermoedelik gesien kom. Haha!) Na wik en weeg en nog ’n paar WA’s van haar wat my herinner om terug te kom na haar toe, sê ek ja. Help my asseblief. Dit sal wonderlik wees.

Sy het alles gedoen. Die tafel gaan dek. Die spyskaart presies gedoen soos wat ek wou – en soos wat ek sou by my eie huis. Ons het onder bome gesit, presies soos ek wou. Amper almal wat ek daar wou hê, het gekom. Dit was ’n lekker middag van kuier en gesels en lag.

Na die tyd praat ek met haar en sy het die mooiste woorde oor hoekom sy dit graag wou doen. Soms moet mens toelaat dat iemand anders iets vir jou doen. Dis nodig, dink ek nou. ’n Onbaatsugtige, onselfsugtige, mooi iets wat iemand vir jou doen. Dis wow. Ek het so spesiaal gevoel. Dankie Toinette, dat jy ons Glitter-span onder jou vlerk geneem het!

Geniet die laaste uitgawe van die jaar. Volgende jaar pak ons met hernude energie en positiwiteit aan. Mag 2019 vir elkeen van julle iemand bring wat iets vir jou doen, sommer net omdat hulle jou wil bederf. Mag jou hartsbegeerte waar word. Mag jy iemand in jou lewe hê wat jou op hulle hande dra en vra: “Wat kan ek vir jou doen”? En mag jy dit ook in iemand anders se lewe wees.

Geseënde 2019!

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 258 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?