Tuin: Met passie
 

Tuin: Met passie

Wanneer iemand iets met passie doen, maak dit nie saak of die persoon ’n instrument bespeel of in die tuin werk nie, dit bly ongelooflik. Anria Wansbury se passie vir haar tuin is aansteeklik.

Van jongs af ’n passie

“Van kleins af het ek ’n bessie oopgebreek om te kyk wat binne-in is. Ek het die nektar van blomme in ou pillehouertjies gedrup en my verbeel dis medisyne,” lag Anria.

 

Kom diere tegemoet

Met hulle liefde vir diere probeer hierdie gesin die honde tegemoet kom. “Wanneer hulle ’n gat grawe om in te lê, laat ek hulle begaan,” bieg sy. “Baiekeer is dit agter ’n bos en dan pla dit nie regtig nie. As ek hulle by daardie gat gaan wegjaag, gaan hulle net ’n ander gat grawe.” Selfs die groentetuin vertoon indrukwekkend op die ronde stellasies. “Dit is baie makliker om mee te werk en dit is heeltemal buite die honde se bereik,” verduidelik Anria.

 

Verandering bring vreugde

Om ’n bedding heeltemal te verander, verskaf vir Anria groot vreugde. “Ek hou van steggies maak en bedel baie maklik ’n plantjie by iemand anders,” lag sy. “Ek deel ook maklik steggies uit.” Met haar erdwurmplaas sorg sy vir vars bemesting en wurmtee wat haar plante nuwe lewe gee. Hierdie positiewe mens spandeer daagliks twee tot drie ure in haar tuin, afhangende van ander verpligtinge. “My tuinman, Shorty, help my twee maal per week in die tuin en dit help my baie.”

 

Driedubbele beloning

Om iets van niks af te ontwikkel, is vir Anria ’n groot uitdaging, maar ook ’n magiese krag wat haar tot tuinmaak aantrek. “Dit is amper soos om ’n kind groot te maak,” skerts sy. “Alles wat jy insit, kry jy uit. Die tyd en arbeid wat jy deur die jaar insit, kry jy driedubbeld saam met jou familie en vriende terug – veral in die somer om die swembad.” Anria verplant met dieselfde entoesiasme ’n plant na ’n ander deel van die tuin as waarmee ander mense kwekery toe gaan. “Wanneer ek regtig nie meer ’n plan kan maak nie, maak ek wel ’n draai by die kwekery,” lag sy. Die pad vorentoe is vir haar met rose, sowel as ander plante, besaai. “Ek sal nie sommer vir tuinmaak moeg raak nie. Ek wil dit graag nog beter doen en ek hou my oë en ore vir nuwe idees oop.”

Ryk voëllewe

Die voëllewe lê haar na aan die hart. “Min mense besef hoeveel voëls in ons omgewing is. Ons het vier plekke waaruit hulle daagliks kom water drink en ek sorg dat dit altyd vol water is.” - Karin Muller

Foto's geneem deur Alta van Wyk | Picture You Photography

 

 

 

 

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 2592 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?