Kimberliet kuier in Israel
 

Kimberliet kuier in Israel

André Venter en sy vrou Desiré is die jaar 40 jaar getroud. Hierdie pastoorspaar by City of Hope het al in Graad twee ontmoet. André se ouers het hom op die ouderdom van fyftien vir die eerste keer blootgestel aan die wêreld buite Suid-Afrika waar die reis-gogga hom nog nie gelos het nie. Hulle al twee pak die lewe aan met passie en elke uitdaging is ’n avontuur. Hierdie paartjie het ook dit nagelaat aan hulle kinders en glo dis die beste onderwys wat hulle kan kry is om blootgestel te word aan ander kulture en lewenservaring op te doen.


Die wêreld is nie so groot nie
Ons kan partykeer soveel verskonings hê hoekom ons nie kan weggaan nie. Selfs see toe maak dit moeilik vir Suid-Afrikaners. Daar is wel ’n bekende gesegde – waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Ja, ons kan verskonings hê en partykeer is dit geldig, maar vir die mense wat ’n passie en ’n begeerte het om hulle wêreld groter as Kimberley te maak kry hulle of skep hulle wel die geleentheid om te gaan. Moenie dink omdat Kimberley klein is dat dit iemand met groot drome kan stop nie. André kan hierdie getuig in sy eie lewe en kan sien hoe die blootstellings geleentheid gee vir mense om groter te droom en te bereik. Dis belangrik om nie in jou eie wêreld vasgevang te word nie. Jy leer ken jouself in nuwe maniere en ander kulture kan soveel bydrae tot jou perspektief.


Kulturele blootstelling is die beste ondervinding
Om te reis het vir André die vrymoedigheid gegee om alles in die lewe met oorgawe aan te pak, Die avontuurlustige paartjie kon die begeerte aan hulle kinders oordra waar dit vandag soveel geleenthede vir hulle bied. “Daar is soveel plekke wat mens kan ervaar wat nie jou bankrekening gaan breek nie. Lewe die lewe wat God jou gegee het in oorvloed en kry ’n begeerte om die wêreld daar buite ook te beleef. As jy die regte kontakte het, kan jy soveel skeepsreise of vlugte vir goedkoop kry. Ons is so geseënd dat waar dit moontlik was, het ons die kinders so veel moontlik probeer saamvat wanneer ons toer. My seun het my laat besef dis een van die beste eienskappe wat ek vir hulle kon bied toe hy ’n wêreldwye ingesteldheid kry en Kimberley was nie vir hom ’n plek waar sy drome opgehou het nie. Die blootstelling het hom gemaak wie hy is vandag.”


Stempel in jou paspoort
Kilimanjaro en Everst is net ’n paar plekke om te noem hoe avontuurlistig André kan wees. Hy is lief vir die lewe en is mal daaroor om die lewe voluit te lewe wat God hom mee geskenk het. Plekke soos Amerika, Engeland, Italië een-een van die paartjie se gunsteling plekke om te besoek vir vakansie en het selfs in ’n ou Kasteel in Tuscany gebly het, Griekeland, asook vele skeepsreise. Die meeste van die Midde-Ooste het hulle ook besoek waaroor ons meer gaan uitbrei. Hierdie is net ’n paar plekke se stempels om te noem wat André in sy paspoort het.
"Ek is baie lief vir my vrou, sy is my babe. So wanneer ons toer is ons soos weer soos twee kinders saam. Ek is mal daaroor om die avontuur saam met haar te deel en die wêreld aan te pak saam met haar. Ons geniet dit saam en die herinneringe wat ons kan saam deel. Die huwelik is dissipline en iets wat mens moet koester en onderhou. Ons geniet dit om ’n voorbeeld te stel vir ander paartjies en in Kana gee ons ’n geleentheid om die vernuwing van jou trou geloftes


Middel Ooste
Jordan, Israel, Egipte en Turkye is die lande wat hulle meestal besoek het. "Wat mense nie altyd besef nie is om na Jordan te gaan is baie duur. Almal wil vir Petra sien ten spyte van die kostes en besef nie hoe ingewikkeld dit is om daar uit te kom nie.” Nie te min vertel André geniet mense dit om die prentjie te koester wat almal op die internet sien en maak dit alles die moeite werd. Na hulle derde toer het hulle Egipte by die program gesit.


“Ek kon deel oor die ou Testament asook waar Jesus drie jaar van Sy lewe daar deur gebring het. Die Piramides is moet op enige iemand se lys. Met ons toergroep het ek in een van die Farao se leë kus in geklim toe niemand gekyk het nie en begin regop sit. Almal van die Suid-Afrikaners het uit gefreak en daar was n Amerikaanse toergroep wat ook op daardie oomblik ingestap het. Almal het dit verloor, maar ons het soveel pret gehad en kon nie ophou lag nie."


Die advies wat André kan gee oor Egipte is om te weet vooraf dit is nie ’n skoon plek nie. " Dit is baie vuil, maar mens moet nie in ’n 3* bly nie, dit is glad nie ons 3* standaard nie en mens kan siek word. Bly eder in ’n 4* of 5* hotel. Jy wil nie dat dit jou vakansie bederf nie. Mens moet ook in gedagte hou dit is stampvol in Egipte maak nie saak wanneer jy besluit om te gaan nie. Om ’n sonsondergang te sien met ’n toer op die Nyl rivier is ’n moet, mens kan gewoonlik etes ook kry terwyl jy af seil. Dit is net onbeskryflik."


Israel bly besonders
"Ek het nog altyd ’n begeerte gehad om Israel toe te gaan, maar ek kon dit nooit bekostig nie." Die Israeliese regering het pastore genader om na Israel te kom en alle kostes te betaal. André was een van hulle wat uit gekies was en het die eerste keer alleen Israel besoek. "Die toer was met ’n kommersiële perspektief. Hulle het my wel die volgende jaar gevra of ek ’n groep kan saam bring, maar ek het gese alleenlik as ek ’n paar veranderinge kon maak.” André stel baie belang in die geskiedenis en argeologie van Israel.


Beleef dit soos Jesus beleef het
“Dis vir my so ’n passie om mense te wys hoe dinge regtig in daardie tyd gebeur het. Daarna het ons nog elke jaar groepe gehad met die perspektief om te loop in die voetstappe van Jesus. Dit gee my die meeste genot om te sien hoe mense die ervaring beleef om die plekke te besoek waar Jesus was." André hou die meeste daarvan om te beplan en sien hoe dit lewendig word van papier na realiteit. “Ek het ook geleer ons Bybel is so akkuraat en so ongelooflik. Om die plekke te beleef laat dit my besef wat ’n voorreg dit is om dit te beleef en dankbaar te maak vir wat ek het. Om in die tuin van Getseʹmane te wees laat my elke keer wonder hoe gehoorsaam ek is aan die Woord. Dinge raak so werklik vir mens wanneer mens die gebiede beleef. Wanneer Shabbat en selfs ’n Bar Mitsvah gebeur probeer ons mense sovêr moontlik blootstel. Met ons volgende toer gaan ons die Bybelse ete doen by Bridges for Peace, ’n sendings organisasie gebaseer in Israel.”


Om teen die berg af te loop, om die akoestiek te hoor hoe Jesus vir 5000 mense kon preek, selfs net om daar te loop raak die Bybel lewendig. “Mense neem daardie ervaring terug saam met hulle. Om die Woord prakties te maak en sien hoe iemand se lewe beïnvloed word gee my soveel genot. Elke jaar probeer ons iets anders doen en ons bring die fun ook in. Ons wil hulle ’n geestelike ervaring gee, maar natuurlik ook pret gaan wees.” André verduidelik dat elke pelgrimstog is ’n uitdaging. Aktiwiteite soos om op die ou stad van Jerusalem se mure te loop, die Dooie See te beleef, See van Galilea en soveel meer bymekaar te sit is elke jaar uniek met sy eie uitdagings, tog het elke toer groep sy eie pret en raak geheg aan mekaar. – Elicia Grobbelaar

 

 

 

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 16 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?