Augustus 2019
 

Jacques en Diana Fouche máák dit werk, al is Jacques baie van die huis af weg. Die twee het dit reggekry om ten spyte van weke weg van mekaar, steeds connected te bly.

Joe-Marie Vink leef haar passie vir kinders by Patroontjies-kleuterskool uit. Dis hier waar sy elke dag probeer om ’n verskil in die toekoms van ’n handvol kleuters te maak.

Jolanda van Rooyen hou van kleur. Hoe bonter, hoe beter! Jolanda se kombuis is haar heiligdom - dis hier waar sy uiting aan haar kreatiewe idees gee en nuwe resepte uittoets.

Kimmy Sassin het ’n hart vir diere. Of dit nou honde, katte of voëls is, by Kimmy sal hulle ’n veilige hawe vind.

Anneke Kruger se bakkuns is welbekend in Kimberley. Haar liefde vir die kombuis het reeds van kindsbeen af begin.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?