April 2018
 

Elizbé du Preez is stylvol, fashion forward, oopkop en positief. Alhoewel sy ’n passie het vir dekor en vir maande sal soek na die perfekte lig in ’n vertrek, glo sy jy hoef nie groot te gaan om ’n impak te maak nie. Só leer sy ook haar twee kinders.

Een dag ’n jaar word ma’s regoor die wêreld bederf en op die hande gedra. Dit gaan gewoonlik gepaard met blomme, ’n spesiale briefie of sommer net ’n bederfgeskenk. Die graad R-klas van Laerskool Eureka vertel hoekom hulle ma’s so spesiaal is en wat húlle gaan doen om dié dag ekstra spesiaal te maak. – Ilette Coetzer

Wanneer jou lewe skielik sonder waarskuwing tot stilstand geruk word, verander jou perspektief en denkwyse. Jy aanvaar niks meer as vanselfsprekend nie. So vertel Reinet Smit (60), wat einde Januarie ’n baie groot breinoperasie ondergaan het.

Daar is ongeveer vier miljoen dowe en hardhorende mense in Suid-Afrika. Een van hulle is Petro Fletcher, 'n dowe Kimberliet wat haar nie laat kortwiek deur haar beperkings nie. Glitter het met haar gaan gesels oor hoe sy haar lewe leef met dié beperking in klank.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?