April 2019
 

Mnr. André van Wyk, mnr. Armand Robbertse en mnr. Jaco van der Westhuizen - drie onderwysers van drie verskillende skole. Elkeen met ’n ongelooflike liefde vir kinders en ’n passie vir die sport wat hulle afrig. As hulle langs die sportveld is, is dit as kompeterende afrigters wat elk naels byt in die hoop dat sy span moet wen. Maar na ’n harde dag se wedstryde, om ’n braaivleisvuur, is hulle boesemvriende wie se gesamentlike belangstellings verder strek as net die kinders met wie hulle daagliks werk.

Die dag wat ’n man die pa van ’n dogtertjie word, gebeur daar dadelik ’n klompie goed met sy hart. Hy wil ’n geweer aanskaf en sy prinses teen almal beskerm. Daar word ook gesê ’n pa is die eerste man met wie dogters ooit ’n verhouding het. Sy leer by jóú die heel meeste van mans en hul wêreld, en ook wat vir mans belangrik en mooi is. ’n Pa se verhouding met sy dogter is baie belangrik en ’n betrokke pa kan sy dogter se toekoms help vorm gee. Daarom meen al hoe meer kundiges dit is baie belangrik om aan dié verhouding te werk.

Vir Lindie Spies en Jason Strydom is dit ’n keuse om in ’n gesindheid van oorwinning te leef. Hulle lewe het areas van opofferings en struikelblokke, maar hulle omstandighede kry hulle nie onder nie. Hierdie is ’n verhaal van ’n ma en seun se lewe wat gevul is met geloof, hoop en liefde, maak nie saak in watter situasie hulle hulself bevind nie.


Hierdie ma en seun het wel verskillende vanne, maar is baie geheg aan mekaar. Lindie het na die egskeiding haar nooiensvan behou en Jason het haar getroude van behou. Jason en Lindie se band is sterk en hulle vertel hulle storie oor hoe hulle mekaar opbou deur moeilike omstandighede.

Wanneer mens deur ’n tydperk in jou lewe gaan wat jy as moeilik sien, is dit soms nie moontlik om te sien dit gaan weer beter gaan nie. 

Samuel Murry sal nou op straat vir jou lyk soos 'n gewone mens, soos een van ons, maar as jy eers sy merkwaardige storie van uithou lees, sal jy besef hy is redelik besonders. Hierdie man is gestuur om vir ons 'n les te leer oor al ons eie drome wat ons onder die bed in ‘n tas gebêre het. Hy het grootgeword in 'n liefdevolle ouerhuis, is getroud met Marlize Murry en het twee pragtige kinders. Hy doen hierdie jaar sy Zuma-jaar as mediese dokter hier in Kimberley. Hierdie is 'n storie van hoe Samuel aangehou het om sy roeping as mediese dokter te volg ten spyte van vele uitdagings.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?