Augustus 2018
 

Cyril en Nicqie Robinson is 'n egpaar met 'n unieke agtergrond. Beide se pa’s is oorlede toe hulle kinders was.Ten spyte van dié vroeë hartseer en ontwrigting getuig hulle lewens vandag van sukses op verskeie vlakke. Glitter het meer gaan leer oor hulle stories en hoe dit hulle tot vandag gevorm het.

Esther Visagie is nie een wat van die kollig hou nie, maar ’n mens kom gou agter daar steek baie meer in dié beskeie vrou.

Jumé Jordaan sou vyftig jaar gelede nie ’n kans op lewe gehad het nie. Sy is vroeër vanjaar op 28 weke gebore en het ’n skamele 1.075 kg geweeg.

Elphia Versluis leef haarself in haar kombuis uit. Vir haar gaan dit oor meer as disse optower. “Bak en brou is liefde wat in ’n ander taal gepraat word.”

Tiaan en Natasha Honiball het na vele kronkelpaaie weer by mekaar uitgekom. Dié twee is nou ’n gedugte span en maak die meeste van hulle tweede kans.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?