Desember 2017
 

Die Glitter-span was vanjaar so braaf om die voorblad van Glitter aan te durf. Dit was omtrent ’n groot beplanning om die 1920’s shoot te laat glad verloop. Laat ek (Jana) julle kortliks vertel wie doen wat en hoe dit agter die skerms van Glitter werk.

Ruan Joubert en sy gesin se lewens het op 7 Julie vanjaar onherroeplik verander na ’n fratsongeluk met 'n motorfiets hom in ’n koma gelaat het. Glitter het met sy ma, Liezel Joubert, gepraat om te hoor hoe die ongeluk haar as ma en hulle as gesin beïnvloed het.

Wendy Swanepoel begin die nuwe jaar met ’n nuwe voorkoms. Die bekwame Glitter-span het haar onder hande geneem.

Die meeste mense het gemengde gevoelens oor Nuwejaarsvoornemens, gewoonlik omdat min van ons dit regkry om langer as twee weke daarby te hou. Volgens kenners fokus sulke voornemens gewoonlik op gewig, verslawings, loopbane, verhoudings en ’n persoon se finansies. ’n Paar lesers deel hulle planne vir die volgende jaar met Glitter.

Japie en Marie Dreyer is na al die jare steeds beste vriende, huweliksmaats en mal oor mekaar. Hulle lewe saam het destyds op Hartswater begin en dié twee is vandag steeds ’n gedugte span.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?