Februarie 2019
 

Elke persoon het sy eie storms. Sommiges se storms hou langer aan, terwyl ander se storms vroeër begin. Letitia Stockenström was belaai met storms van 'n vroeë ouderdom af, maar ten spyte hiervan het sy anderkant uitgekom. Glitter het met haar gesels oor haar storms en ook die lesse wat sy daaruit geleer het.

Tussen ’n voltydse beroep en studies kry Nicole Kennedy min tyd vir haarself. Die Glitter-span het haar met ’n splinternuwe voorkoms bederf.

James Spicer se lewe was nie altyd maklik nie. Hy het nooit matriek klaargemaak nie, maar het met harde werk en deursettingsvermoë bo uitgekom.

Dink jou in om met ’n ewige swaard bo jou kop te lewe: elke asemteug en hartklop kan jou heel laaste een wees. Dit klink soos ’n nagmerrie wat ’n mens nie eers vir jou grootste vyand sal toewens nie. Vir Liandi Steyn (17) is dit ’n daaglikse realiteit.

Om asem te haal, is ‘n baie alledaagse aktiwiteit - soveel so dat min mense regtig daaroor dink, maar die manier hoe ons asemhaal, kan ‘n groot invloed op ons gesondheid hê. In joga word daar groot klem geplaas op asemhaling as 'n manier om die liggaam meer effektief te laat funksioneer. Glitter het met Martin Maree,'n gekwalifiseerde joga-instrukteur, gesels oor die rol van asemhaling in gesondheid. 

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?