Januarie 2019
 

Piet-Piet en Izemari Swart is 'n dinamiese paartjie wie se paaie as gevolg van 'n kniebesering gekruis het. Daarna het hulle hulle eerste afspraak op 'n sypaadjie oor 'n frozen yogurt gehad. Glitter het by hulle gaan kers opsteek om meer te hoor van hulle storie en verhouding.  

Om te trek na 'n nuwe dorp kan baie stresvol wees. Volgens verskeie studies is trek naas die dood van 'n geliefde, skei en by 'n nuwe werk begin een van die stresvolste ervarings waardeur iemand kan gaan. Een van die elemente wat trek 'n stresvolle ervaring maak, is die sosiale element daaragter. Om nuwe verhoudinge aan te knoop, is nie altyd maklik as jy nuut in 'n dorp is nie. Glitter het met 'n paar Kimberliete gesels oor hulle hervestiging na Kimberley en hoe hulle te werk gegaan het om in te skakel. 

Chrisna Piek se lewe het in ’n oogwink verander. Die een dag was sy nog gelukkig getroud met ’n standvastige werk, die volgende dag geskei, gestroop van haar aardse besittings en opgeneem in ’n psigiatriese inrigting.

Vasbeslote om ’n sukses van haar lewe te maak, het sy besluit om op te staan na ’n egskeiding en gelukkig te wees. Hierdie trotse ma van twee by wie almal ’n skuilplekkie kan vind, het geleer om haar hart te beskerm van mense se opinies en nie te leef volgens ander se standaarde nie. Sy vertel haar storie sodat ander ma's wat ook uit ’n egskeidings kom weer hoop kan vind. Vir 30 jaar al maak Marilyn Kimberley haar tuiste en bou vriendskappe. Kimberley is nie net haar huis nie, maar ’n plek wat haar vorm.

Leierskap het 'n massiewe invloed op elke deel van die samelewing, hetsy die individu, die familie of die maatskappy. Elke deel van die lewe is op een of ander manier afhanklik van leierskap. Die legendariese sportafrigter Vince Lombardi het eenkeer gesê: “Leiers word nie gebore nie, maar gemaak,” toe hy gevra is wat die geheim van leierskap is. 

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?