Junie 2018
 
Moenie verbaas wees as jy binnekort treffer op treffer oor die radio hoor en dit deur ’n plaaslike musiekduo van Kimberley gesing word nie. Want G’nT, ons eie band wat bestaan uit Thys Beukes en Eugene Prinsloo, is besig om ’n wegholsukses van hulle loopbaan as sangpaar te maak.

’n Egpaar van die stad was getroud, het geskei en is toe weer getroud. Vandag is hulle gelukkiger as ooit en kan nie hulle lewe sonder mekaar indink nie.

Fairley Human droom groot. Met haar natuurlike skoonheid, lang, bruin hare en sterk persoonlikheid gaan sy nog die wêreld verower.

Gerrit en Madeleen se huis in Royldene weerspieël ’n leeftyd van herinneringe, met pragfoto’s, kleurvolle skilderye en allerlei interessanthede.

Daar is min dinge so lekker as om vry te wees om jou ware self te kan uitleef, eerder as die self wat verwagtinge en druk produseer. Om egte uitdrukking te kan gee aan wie jy is, voel nie net goed nie. Studies* het bewys dat dit lei tot meer vertroue onder mense en daarom beter menseverhoudinge en selfs hoër produktiwiteit in die werksplek.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?