Dekor: Versamelhuis van stories
 

Dekor: Versamelhuis van stories

Gerrit en Madeleen se huis in Royldene weerspieël ’n leeftyd van herinneringe, met pragfoto’s, kleurvolle skilderye en allerlei interessanthede.

Madeleen het ’n oog om artikels bymekaar te sit en gebruik dit wat sy het om interessante hoekies te vorm. “Ek sal ’n paar goed bymekaar sit en dan ’n bietjie terugstaan. As dit nie reg lyk nie, vat ek iets weg, of sit iets by. Ek is mal oor dekortydskrifte, veral Garden & Home en Tuis, en kry baie van my idees in hulle dekorblaaie.” Madeleen is baie lief vir kleur, maar glo ’n mens verf eers ’n vertrek in ’n neutrale kleur en besluit dan rustig watter kleur die beste in die vertrek sal pas. Haar kombuiskaste was eers liggeel. Sy het sommer self ingespring en die kaste groen laat verf om by die leiklipvloer te pas. Haar liefde vir groen is duidelik in die res van die huis ook sigbaar met verskeie vetplante in en om die huis. Proteas lê haar ook na aan die hart en dié pragblom pryk op kussings in haar slaapkamer. Houtproteas is op die oomblik hoogmode en dien as fokuspunt in die eetkamer. Madeleen is ook baie sentimenteel. Die vertoonkas in die voorportaal kom nog uit haar ma se huis, terwyl die wa-kis in die sitkamer uit haar skoonouers se huis kom. “Ek is lief vir my goed en gooi nie maklik iets weg nie. Die oomblik as jy van iets ontslae raak, het jy dit nodig!” – Ilette Coetzer

 

 

 

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 1378 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?