Bederfdag: Van tween na teen...
 

Bederfdag: Van tween na teen...

Fairley Human droom groot. Met haar natuurlike skoonheid, lang, bruin hare en sterk persoonlikheid gaan sy nog die wêreld verower.

Fairley hou van lang hare en dra dit gereeld in ’n ponytail. Dit is glo baie gewild onder die jong tieners, terwyl vlegsels steeds in een of ander vorm in hoërskoolmeisies se haarstyle voorkom. Een van die grootste probleme onder tieners is probleemvelle, maar Fairley glo aan min grimering en ’n natuurlike voorkoms.

Omhels jou uniekheid

Nog ’n probleem waarmee die jong meisies worstel, is gewig en veral hoe lank hulle is. Aan die einde van laerskool is die seuns meestal korter as die meisies. Fairley se ma, Carine, sê sy probeer egter haar dogter leer om haar uniekheid te omhels. “Fairley staan letterlik kop en skouers bo haar klasmaats uit, maar dit weerspieël vir my haar persoonlikheid. Sy is baie uitgesproke en reguit, maar regverdig.”  Fairley self sê sy kan gou kwaad raak, maar is nie maklik lelik met ander mense nie. “My ma het my van vroeg af geleer om ander te respekteer. Moenie dat iets jou onderkry nie. Vat die lewe soos dit kom.”

Dit is egter nie altyd maklik nie. Daar is maar groepsdruk en klieks in die meeste skole. Tieners kan ook baie kompeterend wees. Carine glo dis nie nodig nie. “Elke kind het ’n sterkpunt en iets wat hom uniek maak. Jy moet net uitvind wat dit is. Ek probeer Fairley leer om maats met almal te wees en dié te vermy wat konflik veroorsaak en ander seermaak.”

Hou tred met die jongste modes

En rolmodelle? “Mackenzie Ziegler en Kira Kosarin vir seker! Ek is mal oor hulle klerestyl en Mackenzie het al alles gedoen wat ek graag wil bereik.” Vir Carine is dit nie altyd maklik om saam met Fairley klere te koop nie. “Ek is maar ’n plain Jane en hou nie altyd tred met die kinders se modes nie. My dogter dink ek is maar ’n bietjie outyds!” Fairley hou baie van hoodies, ski pants en tekkies. “En dan wil ek nog ’n super size onesie koop!” Carine sê die jongspan is baie bewus van brand names. “Vir my lyk een tekkie net soos die volgende een, maar vir ’n tiener is daar ’n duidelike verskil. En bewaar jou siel as jy as ouer dit verkeerd kry!”

Wees wie jy is

Die tienerfase is vir baie ouers en kinders ’n moeilike tyd, maar Carine glo dat jy as ouer jou kinders moet ondersteun en hulle sterkpunte ontwikkel en hulle nie in iemand moet probeer verander wat hulle nie is nie. “Ons as ouers speel so ’n belangrike rol in die vorming van ons kinders.”

Fairley droom oor Hollywood. Sy is mal oor redenaars, mal oor tale en leer vinnig. Sy wil graag eendag ’n aktrise word. En wat sê haar ma hieroor? "Droom groot, my kind. Enigiets is moontlik." – Ilette Coetzer 

 

Baie dankie vir hare en grimering:

  • Hare:
  • Grimering:
  • Kleredrag en stilering: Joe van Foschini

 

 

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 718 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?