Resep: Winterwenner
 

Resep: Winterwenner

Janie van der Westhuizen het as kind baie vakansies by haar oumas deurgebring. Dis hier waar haar nuuskierigheid en liefde vir kosmaak begin het.

“Albei my oumas het hulle eie unieke metodes van kosmaak gehad met uiteenlopende smake en disse. My een ouma was lief daarvoor om haar eie kruie en groente op die plaas te kweek.” Janie het ’n heerlike beesstert-resep vir Glitter-lesers gekies. “Dis maklik om te maak en ’n treffer met sy heerlike geure. Dis ideaal vir ons koue wintersdae.”

 

Beesstert

 

Bestanddele

 

Groep A

½ k water

2 beessterte

3 groot uie (in skywe gesny)

5 geelwortels (in wiele gesny)

1 groot knoffelhuisie (fyn gedruk)

3 e Worcestersous

3 e vars suurlemoensap

3 naeltjies

2 t gemengde kruie

2 t pickle spice

2 blokkies beesaftreksel

3 groot tamaties (in blokkies gesny)

1 groot pakkie All Gold-tamatiepasta

1 lourierblaar

½ e suiker

2 t gekapte chillies (opsioneel)

Groep B

4 groot aartappels (in blokkies gesny, gaar gekook)

Groep C

1 e botter

2 e mielieblom

Groep D

1 e Knorr Country Hot Pot

 

Metode

 

Braai beesstert in olyfolie tot geseël en ligbruin. Voeg al die bestanddele van Groep  A by.  Plaas in stoompot en stowe een uur 20 minute op hoë druk. Geur met sout en varsgemaalde swart peper. Meng groep C se bestanddele saam in ’n pan, maak warm en voeg saam met Groep D by vleismengsel. Prut ongeveer 15 minute. Bedien met rys. – Ilette Coetzer

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 552 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?