Couple: Sonja en John-John Van Niekerk
 

Couple: Sonja en John-John Van Niekerk

Struikelblokke gebeur en dit gaan kom of jy reg is of nie. Wat ons hartsnare trek van Sonja (25) en John-John Van Niekerk (28) se storie is dat dit nie jou alledaagse verhaal is nie, maar dis werklikheid. Hulle inspireer ander paartjies om die lewe aan te pak, van dood in die familie en moontlike kanker voor die troue was maar net ’n paar goed om te noem om te kom waar hulle vandag is met die wysheid en oorwinning. Glitter gesels met die paartjie oor hulle lewensreis saam en hoe hierdie highschool sweethearts struikelblokke oorkom het.


Lank lank gelede...

Presies 9 jaar terug het hierdie highschool sweethearts ontmoet. Sonja was destyds in Graad 10 was en John-John was ’n eerste jaar student waar hy onderwys studeer het in Kimberley. Hulle het perongeluk te ontmoet deur vriende, maar hy het nie haar naam geken nie net haar vriendin se naam wat hy herken het. John-John gaan soek toe deur elke foto van haar vriendin wat by haar was op Facebook op soek na Sonja se gesiggie. Nadat hy haar op gespoor het het sy eers na ’n week begin gesels.

Na 'n paar huiwerings het sy ingestem op hulle eerste fliek – waarvan geeneen van hulle onthou wat hulle gekyk het nie, maar was nie weer daarna uitmekaar uit nie en vandag is hulle al 2 jaar getroud.


Wat moes julle as 'n paartjie al oorkom het?

Sonja: Daar was drie groot lewens struikelblokke wat ons deur gemaak het saam. Ons moes leer om mekaar te ondersteun en ons het albei goed gehad wat extreme is. Die eerste een was my ma wat oorlede was toe ek in matriek was. Dit was vir ons baie moeilik om te oorkom.

Vier jaar terug was John-John in ’n rehabilitasie sentrum op geneem vir depressie. Dit was vir my moeilik, omdat ek moes hom ondersteun terwyl ek deur my eie goed ook werk. Soms voel mens magteloos en mens weet nie of jy die oorsaak is nie, maar nie net dit nie mens voel ook dis jou skuld. Hy het baie terug gehou en ek het gevoel hoekom kon hy nie net dinge met my deel nie.

Die ander een was net voordat ons getrou het het dokters vermoed ek het kanker. Op die ou einde was ek gediagnoseer met n outo-immuun siekte. Dit was moeilik om deur dit te werk, omdat daar baie onsekerheid is wat daarmee gepaard gaan. Ons was besig met trou reëlings en toe moes ons dit hanteer met ’n operasie boonop ook. Met die onsekerheid van of jy dink jy het dalk kanker en jy weet nie of jy ’n toekoms saam het nie veral vir ’n jong verliefde paartjie.


Hoe het julle dit oorkom?

John-John: Ons het vaardigehede aan geleer en om jou sê te sê en nie terug te hou nie. Mens sê dit in so manier dat die ander persoon dit nie as kritiek sien nie, maar net as jou mening. Ons het geleer die manier hoe jy iets sê beïnvloed ook die boodskap wat jy deur gee. Die groot deel is ook aanvaarding. Aanvaar die persoon vir wie hulle is, aanvaar die foute wat hulle het en nie heeltyd daaraan vas staar nie. Om dit nie as struikelblokke te sien nie, maar as deel van die karakter van die persoon.

Sonja: Met my ma en die kanker het ek nie baie daarvan gehou om heeltyd daaroor te praat nie. Partykeer wou ek net bietjie asem skep en bietjie alleen wees dat ek net eers ook self agter kom hoe ek daaroor voel en wanneer ek reg is daaroor te praat. Ons het geleer om mekaar space te gee. Sekere dinge moes ons persoonlik deur gegaan het.


Wat waardeer julle van mekaar?

Sonja: Sy sin van humor, al is dit partykeer so on van pas. Ek is meeste kere ernstig en hy laat my die ligte kant van die wêreld sien.
John-John: Haar liefdevolheid, ondersteuning en my motiveer met die beroep in onderwys. Sy is baie bereidwillig om te help as ek iets nuut wil aanpak.


Raad vir paartjies:
Die belangrikste eienskap in ’n verhouding is positiewe kommunikasie. Ons het geleer hoe om konflik uit te klaar, hoe om oor jou gevoelens te praat en selfs dinge soos seks te praat. Ons stel meer belang in mekaar as die onderwerp self.

John-John: Die ding van gesels is, dat jy die persoon wat die gesprek voer moet ernstig neem en belangstelling toon. Om aan te leer is moeilik veral as julle verskillende belangstellings het. Ek stel belang in haar entusiasme, eks stel byvoorbeeld niks belang in die Kardashians nie, maar ek stel belang hoekom sy so opgewek is daaroor.


Die verhaal is nie op ’n einde nie...
Daar is geen twyfel dat hierdie paartjie al n ver pad gestap het nie. Hulle het hulle storie geskryf met hulle besluite en elkeen se storie is uniek. Ons moet na ons eie storie kyk en nie probeer skryf met vergelyking van ander nie.

Hulle storie bewys die lewe is nie altyd maklik nie en almal kry nie altyd die fee verhale wat ons dink nie, maar dis ons storie wat ons skryf en wat ons daarvan maak. Die realiteit is dat daar struikelblokke is, ons het net beheer oor hoe ons reageer teenoor dit. – Elicia Grobbelaar

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 1002 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?