Junie 2018
 
24 jaar na Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing sou ’n mens hoop dat rassespannig al ’n bietjie minder sou wees en verdraagsaamheid tussen mense meer. Maar lees ’n mens koerant, kyk jy TV of loer deur sosiale media, is dit duidelik dat rassisme springlewendig is. ’n Groep studente van verskillende rassegroepe  aan die Sol Plaatje-universiteit sê egter daar is oplossings en hoop.
Met haar warm stem en glimlaggende oë, weet ’n mens daar is iets spesiaals aan Kea Dibane (20), ’n matriekleerling aan die Elizabeth Conradie-skool hier. Kea het ten spyte van haar eie liggaamlike gebreke geen moeite ontsien om die wêreld vir tientalle tienermeisies ’n bietjie meer draaglik te maak nie.
Die winter is besig om hard aan ons deure te klop. Hoewel dit ’n lieflike tyd is van 'n heerlike bakkie sop en vars gebakte brood voor die kaggelvuur is daar ongelukkig ook minder aangename dinge wat die winter inhou: siektes. Niks is slegter in die winter as die alewige griep, verkoue en longontsteking wat voorkom nie. Dit is boonop nog erger as jou kinders siek raak. Glitter het met dr. Jaco Mostert, 'n geneesheer, gesels om te hoor hoe ouers hulle kinders ’n bietjie gesonder deur die winter kan kry.
booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?