Daar is 'n groot verskil tussen pa-word en en pa-wees - 'n verskil wat baie mense jou met groot hartseer of verwondering kan verduidelik. Glitter het met Willem Pienaar, wie se kindertyd arm was aan vaderskap, gesels oor sy pad na pa-wees sonder ‘n verwysingsraamwerk en die lesse oor pa-wees wat hom bybly.
Tiani en Ernst Wepener is 'n paartjie wat gemaklik is met wie hulle is en mekaar aanvaar. Alhoewel hulle mekaar al van 2011 ken, het hulle eers onlangs op 16 Desember 2017 getrou. Hierdie paartjie vertel hoe 'n vinnige ontmoeting op die Interkaap-bus ontvou het in ’n gelukkige huwelik. Tiani is vandag 'n lektor in geografie by die Sol Plaatje-universiteit en Ernst is 'n projekbestuurder besig met konstruksieprojekte by die universiteit.
Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. So glo Juanita Coetzee wat na ’n lang siekbed en maande van werkloosheid weer op haar voete is.