Maart 2019
 

Mnr. Leon Victor is vir jare lank al ’n bekende naam onder leerders en onderwysers van Hoërskool Diamantveld (DHS). ’n Nuwe hoofstuk het egter vir mnr. Victor begin toe hy einde 2018 as skoolhoof van hierdie gewilde skool in Kimberley aangewys is en sy termyn as skoolhoof amptelik Januarie vanjaar begin het. Glitter gesels met hom oor wat dit beteken om ’n hoof te wees en ons leer ken hom ook buite die skoolterrein.

Martie Lotz het haar groot huis op Springbok vir ’n ruim tweekamer-oopplanhuis in Kimberley verruil.

Johan van Vuuren het van dag een af geweet hy gaan met Klarisa trou. Ten spyte van struikelblokke soos ’n groot ouderdomsverskil en skeptiese ouers, het dié twee die knoop deurgehaak en sien jy min die een sonder die ander.


Melanie Steyn weet wie sy is en waarheen sy op pad is. Met haar borrelende persoonlikheid leef sy haar passie uit deur mense te help.

Madri Botes lewe vir haar gesin. Maar sy stel nie net hulle behoeftes eerste nie, maar ook dié van haar vriendinne en kollegas.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?