November 2017
 

Kobus (29) en Andri (29) Kühn, met hulle twee dogtertjies, Liadan (6) en Miray (17 maande), sien uit na die Kerstyd wat voorlê. Hulle probeer tyd met albei se gesinne deurbring, maar is gelukkig enige plek waar daar ’n “tent onder ’n boom kan inpas”. Glitter het by hulle gaan kuier om meer uit te vind oor wat Kersfees vir hulle spesiaal maak.

Lezanne Janse van Rensburg is lief vir die lewe. Sy is ’n gebore onderwyseres en leef haar liefde vir kinders in haar nasorgsentrum uit.

Daar is 'n paar dinge wat sinoniem is met die maand Desember, dinge soos volgepakte strande, kersversierings en groot familie-etes. Geskenke is natuurlik ook 'n groot deel van Desember. Die hele maand word geken aan 'n gees van welwillendheid en algemene feestelikheid wat versinnebeeld word in die uitruil of gee van geskenke. Tussendeur al hierdie joligheid is dit maklik om te vergeet dat daar duisende regoor die land, baie van hulle kinders, is wat nie kan deel in die vieringe nie, wat nog van geskenke kry. Glitter het met Janri Duplessis gesels. Sy is deel van 'n projek wat elke jaar tydens die feesseisoen meer as 'n halfmiljoen geskenke versprei na kinders regoor die land.

Glitter het vandeesmaand Kimberley se diereliefhebbers afgeneem.

Swart Maandag was 'n protesaksie wat daarop gemik was om bewustheid te kweek vir die stygende hoeveelheid plaasmoorde wat elke jaar in Suid-Afrika plaasvind. Op 30 Oktober het baie gemeenskappe van reg oor die land saamgetrek by Swart Maandag-saamtrekke om hulle solidariteit met die slagoffers en hulle naasbestaandes van plaasaanvalle te wys. Glitter het 'n paar Kimberliete gevra om hulle mening oor die beweging te deel.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?