Dekor: Hier word gekuier!
 

Dekor: Hier word gekuier!

Vera Mason het haar en Patrick se huis in Royldene in ’n gesellige tuiste waar gekuier word, omskep.

 

Vera het hul leefarea in skakerings van grys geverf om by haar dekor te pas. Grys is regdeur die huis as basis gebruik om ’n eenheid tussen meubels, gordyne en ornamente te vorm. Moderne leerbanke skep kuierhoekies wat met ’n buffet en dekoratiewe lampe afgeskort word. Bonkige strooikussings in verskillende groottes, kleure en teksture rond die prentjie af. Vera glo aan groeperings. Dekoratiewe spieëls vertoon pragtig teen ’n effe donkerder grys muur. Die vertoonkas het destyds in die kantoor gestaan, maar is gerestoureer en pronk nou in die eetkamer, saam met ’n eetkamerstel van hout. Vera kombineer moderne dekor met aardse meubels, soos ’n ottoman wat met ’n Nguni-vel oorgetrek is. “As ek nie iets sien waarvan ek hou nie, koop ek materiaal en trek die kussing of bank oor.” Die Masons is baie familievas. Reuse-pragfoto’s in imposante rame pryk teen die mure en skep ’n huislike gevoel. Elke kind het ’n baie spesifieke idee oor hulle dekor gehad. Vera het so ver moontlik probeer om hulle smake in ag te neem. – Ilette Coetzer

 

Foto's geneem deur Alta van Wyk | Picture You Photography

 

 

 

 

 

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 1931 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?