10 Minute Met: Junior Coetzer
 

10 Minute Met: Junior Coetzer

Junior skrik nie vir 'n uitdaging nie. Hy is 'n onderwyser by Eureka-laerskool en is baie geliefd onder sy leerders. Hy is gedetermineerd om 'n sukses te maak van alles wat hy aanpak. Hy skrik nie sommer vir enige uitdaging nie en lewe elke dag voluit. Hy probeer altyd 'n kind op sy gemak stel en tuis te laat voel in sy klas. Met sy tipe geaardheid  kan kinders sien hy dra hulle belange op die hart en dat hulle hom kan vertrou. Hy gesels hierdie maand met Glitter.

Hoekom het jy besluit om onderwys as beroep te kies?

Ek glo dit is my roeping in die lewe. Ek het my antwoord van ons Hemelse Vader gekry toe ek in matriek was. In matriek is baie leerders nog so onseker wat hulle wil word. My raad aan ander is om te bid oor die saak en te vertrou.

Wat is vandag struikelblokke vir jong onderwysers?

Op universiteit doen 'n mens baie vakkennis op, maar wanneer jy self in die klaskamer staan, is dit 'n heel ander storie. 'n Mens se heel eerste jaar is gewoonlik die moeilikste, want jy moet aanpas en daar is baie uitdagings soos admin wat nie vir alle mans is nie.

Hoe belangrik is dissipline in jou klas?

Dissipline is iets wat orals belangrik is, nie net in die klaskamer nie. Dissipline begin gewoonlik by die huis. Dit moet op ‘n jong ouderdom vasgelê word. Goeie dissipline kan enigiemand ver bring in die lewe.

Hoe wen jy 'n leerder se vertroue?

Ek probeer altyd 'n kind op sy gemak stel. Ek dink met my tipe geaardheid kan kinders sien dat ek hulle belange op die hart dra en dit wys hulle dat hulle my kan vertrou.

Wat is die grootste fout wat jy as kind gemaak het?

Ek moes beslis harder geleer het op skool! Ek wou meer op die sportveld wees as agter die boeke.

Breek jy enige verkeersreëls as daar geen polisieman is nie?

Definitief!

Jy is by 'n restaurant en jy kry 'n haar  in jou kos, hoe reageer jy?

Ek sal die bestuurder hoflik roep en dit vir hom wys. En op 'n gratis ete aandring.

As jy enige animasiekarakter kon wees …

Bugs Bunny

Wat in die alledaagse lewe maak jou gelukkig?

Om tyd saam my familie, verloofde en vriende te spandeer. Goeie rugby en 'n braai sal altyd 'n glimlag op my gesig sit.

As jy in die middel van nêrens verlore is en jy is sonder 'n GPS en sein, sal y weet hoe om jou pad te vind?

Ek glo so. Ek is iemand wat baie oplettend is.

Hoeveel goeie vriende het  jy en wat beteken hulle in jou lewe?

Ek het 'n paar goeie vriende en elkeen beteken baie vir my. Dit is vriende waarop ek kan staatmaak. As ek wil raad vra en as ek wil afpak, sal hulle altyd daar wees vir my. Dan kan ek nie van my verloofde, Deandri, vergeet nie; sy is my beste vriend.

Kies:

Borrelbad of lang stort?

Borrelbad

Honde of katte?

Honde

Dokumentêr of dramas?

Dokumentêr

Kampeer of bly by 'n oord?

Oord

Komedie-vertoning of konsert?

Komedie-vertoning

Disney of Nickelodeon?

Disney

Bowling of minigolf?

Bowling

Dieretuin of pretpark?

Pretpark

Hotdog of hamburger?

Hamburger

Wat is jou tipiese, alledaagse outfit?

Netjiese chino en mooi knopieshemp.

Waar gaan hou jy vakansie?

Sekerlik J-Bay!

Weet jy hoe om te kook? Geniet jy dit?

As student het jy geleer kook in jou woonstel, maar as ek kon, sou ek elke dag gebraai het.

Waar het  jy grootgeword?

Kimberley

Beplan jy om langtermyn hier te bly?

Ons kyk wat die Hemelse Vader vir my beplan. Mens weet nooit wat die toekoms inhou nie, maar op die oomblik is ek gelukkig waar ek is.

Dink jy jongmense van vandag se lewensuitkyk is anders as dié van ouer mense?

Beslis! Waardes, respek en dissipline is nie meer soos dit was nie.

Hoe wil jy onthou word?

As 'n godvresende man. As mense my in die publiek sien, moet hulle weet dat ek 'n kind van God is. Ek wil eendag onthou word as iemand wat 'n verskil gemaak het in kinders se lewens. Iemand wat mense positief beïnvloed en motiveer het. - Ronell van der Sandt

 

Foto geneem deur Alta van Wyk | Picture You Photography

 

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 1536 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?