Coffee Break: Wiskunde uitblinkers
 

Coffee Break: Wiskunde uitblinkers

Emma Emma

Die jongste modes, flieks en muisneste is gewoonlik bo aan ’n tiener se prioriteitslys, maar nie vir drie van Kimberley se toppresteerders nie.

Al drie leerlinge doen reeds van voor skool af ekstra wiskunde. Jare se deursettingsvermoë het  vrugte afgewerp en dié drie presteer tans ver beter as diegene in hul ouderdomsgroep.

Foto: Emma, Aiden en Ignus

Styg uit

Emma Hamman is ’n gr. 5-leerling. Hoewel sy nou eers ’n gr. 5-leerder is, is sy reeds besig met gr. 8-algebra by die wiskundesentrum. Die feit dat sy amper daagliks wiskundeprobleme bemeester, verseker dat sy op skool bo haar klasmaats uitstyg. “I never struggle with my maths homework and it never takes a lot of time. I barely have to study for tests and always get 100% for my time-tables.” Maar dit neem deursettingsvermoë en toewyding om elke middag voor ’n rekenaar in te skuif en probleme op te los.

“I don’t always want to do the work, but the results pay off.” Sy glo wiskunde is iets wat mens elke dag gebruik, maar sy is nog nie seker wat sy eendag wil word nie. Emma se ma, Ronel, sê die feit dat sy in wiskunde uitblink, het haar dogter se selfvertroue geweldig goed gedoen. Sy glo ook dis vandag nodig vir kinders om kompeterend te wees. “We enrolled Emma for extra classes to help her mathematical development and to give her the opportunity to reach international standards. She learned

excellent habits, including perseverance.” Nie enige kind het die deursettingsvermoë om elke dag wiskundige probleme in die gesig te staar nie, maar Ronel sê op die ou end gaan dit oor resultate en die verskil wat sy in haar dogter sien.


Terug Volgende »

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 1165 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?