Leser van die maand: Alles behalwe gewoon
 

Leser van die maand: Alles behalwe gewoon

Louis Kroucamp beskou homself as doodgewoon, maar dié jong man is als behalwe gewoon! Louis het ’n paar jaar gelede die Kaapse berge en see vir die Noord-Kaap se natuurskoon verruil en bestuur vandag ’n suksesvolle restaurant langs die Vaalrivier.

Vertel my meer van jouself

Ek is maar ’n gewone knaap van die Kaap af, gebore in Queenstown. My ouers het seker geweet ek moet by die see grootword! Ek is baie lief vir die buitelewe, veral bergfietsry en visvang ... eintlik alle natuurlewe. En natuurlik is ek versot op die wildlewe in die Noord-Kaap.

Jy is ’n gesinsman, ten spyte van jou werk – vertel my meer van hulle.

My vrou, Nátalie, is ’n plattelandse plaasmeisie van Douglas af. Ek het haar destyds op Stellenbosch ontmoet. Ons dogtertjie, Milan, is al agt jaar oud en Anru word binnekort vyf. Die spannetjie is my hele lewe!

Wat het jy na skool studeer?

Ek het natuurbewaring studeer, maar kon ongelukkig weens omstandighede nie die kursus voltooi nie. Soos baie jongmense het ek eers in Londen ’n draai gemaak om ’n bietjie wêreldkennis op te doen. 

Hoe het jy in die restaurantbedryf beland?

Op skool het ek as kelner en kroegman vir sakgeld gewerk, maar dis in Londen wat ek regtig met die kombuis self te doen gekry het. Ek moes onder begin, maar het vinnig gevorder en die geleentheid gehad om by vooraanstaande restaurante in Londen en selfs by 'n hotel in Skotland te werk, wat ook my eerste keer as hoofsjef was.

Waar het jou liefde vir kosmaak begin?

Daai liefde is al van vroeg af gekweek. Ek kom uit 'n familie wat almal wonderlike kokke is en my passie vir kosmaak en eet deel. My ouer sus, Hanlé, is self ook 'n sjef. Sy het my baie gehelp deur al haar ondervinding wat sy in van die beste kombuise in die Kaap opgedoen het.

Vandat jy die leisels by Broadwater oorgeneem het, gons dit oor die interessante spyskaarte – waar kom jy aan al jou idees?

Ek glo ’n goeie sjef kan sy kliënte goed lees en by hul behoeftes en eetgewoontes aanpas. Wat ek eintlik wil sê, is ek kook maar min van die spyskaart af en is altyd bereid om so ietsie anders of spesiaals vir kliënte voor te sit. Ek vlieg ook weekliks vars seekos van die Kaap af in en soos enige sjef vir jou sal sê: as die produk reg is, het jy tagtig persent van die stryd gewen! Met mense wat kos nog so opreg  soos die Noord-Kapenaars geniet, is dit nie moeilik om net jou beste te wil gee nie. My kos is maar hoofsaaklik tradisionele lekker-eet-kos wat geurig gaargemaak word. Ek steur my nie te veel aan tierlantyntjies nie.


Terug Volgende »

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 2547 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?