Resep: Surita se sjokoladekoek
 

Resep: Surita se sjokoladekoek

Surita de Wit, Stillerweë Huis vir Bejaardes se voedseldiensbestuurder het nie alleen ’n passie vir kosmaak nie, maar ook ’n hart vir mense.

“Ek geniet my werk by die ouetehuis baie, ten spyte van al die uitdagings. Dis ongelooflik hoe ’n dankbare glimlag van ’n bejaarde of ’n ‘dankie, dit was lekker’ alles die moeite werd maak.” Surita is mal oor resepteboeke en is altyd opsoek na nuwe en maklike resepte en dit is presies hoe sy op dié twee resepte vir teetyd of ’n piekniek afgekom het. Die spyskaart van Stillerweë word daagliks deur Surita en haar twee sjefs, Sanna en Selina, beplan. Hul is altwee al meer as twintig jaar in die voedselbedryf en kook daagliks sowat tagtig borde geurige, gesonde kos.

Die punch

Bestanddele

1 groot blik pynappelmoes

1 blik grenadellamoes

750ml Oros-koeldrank

kersies, opsioneel (lyk mooi, veral rooi)

Metode

Voeg al die bestanddele by mekaar. Meng 1½ koppie stroop met een liter limonade.

Surita se sjokoladekoek

Bestanddele

8 eiers

60ml kakao

250ml olie

500ml suiker

500ml meel

250ml warm water

10ml vanieljegeursel

20ml bakpoeier

knippie sout 

Metode

Klits eiers en suiker tot lig en donsig. Los kakao in water op en voeg olie by. Meng droë bestanddele, water-en-oliemengsel. Bak 20 min. teen 180° Celsius. Keer koek uit en laat heeltemal afkoel. Was pan en sit koek terug voor versier word.

Versiersel

350g melksjokolade

90ml  botter

250ml dik room

5ml brandewyn

Metode

Verhit sjokolade, botter en room oor lae hitte en roer gereeld. Laat afkoel. Plaas 30 minute in yskas. Klop sjokolademengsel en voeg brandewyn by. Smeer oor koek en verkoel tot gestol. Verwyder pan en plaas op opdienbord. – Ilette Coetzer

 

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 894 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?