Fokus op: Lang ure, min slaap
 

Fokus op: Lang ure, min slaap

Foto: Wihan Foto: Wihan

As iemand besluit om ’n dokter te word in Suid-Afrika stem hulle in tot ses jaar van studies, twee jare van internskap én ’n gemeenskapsjaar daarna. Laasgenoemde is ook bekend as ’n Zuma-jaar. Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld waarin mediese dokters ’n addisionele jaar in die staatsdiens werk na hulle twee jare van internskap.

Praktiese ervaring onder toesig

Tydens hulle jare van internskap praktiseer die dokters as junior dokters in staatshospitale onder senior dokters wat klaar hulle internskap voltooi het. Die doel met die internskap is praktiese ervaring onder die toesig van meer ervare dokters. Die gemeenskapsjaar se fokus is verdere ervaring, maar meer in die sin van bestuur en opleiding. In hulle gemeenskapsjaar verwerf die dokters senior status waarin hulle weer internskap dokters mentor. Hierdie proses behels baie, baie ure van werk en baie min slaap!

Uitdagende werksomstandighede

Die realiteit is baie van die dokters ervaar die gemeenskapsjaar as uitdagend. Sommige kenners skryf die lof wat Suid-Afrikaanse dokters ontvang toe aan dié gemeenskapsjaar, maar ander bevraagteken die sin en regverdigheid daaragter. Daar is onlangs ’n dokumentêr juis hieroor gemaak.

Kimberley is gesog

Kimberley se staatshospitaal is tradisioneel gesog onder dokters vir hulle internskap en gemeenskapsjare omdat die kwaliteit van die opleiding en hoeveelheid blootstelling wat dit bied, groot is. Daarom is daar ’n hele paar Kimberliete wat aandoen in die dorp vir een tot twee jaar van hulle mediese opleiding. Glitter het bietjie navorsing by ons eie dokters gaan doen.


Terug Volgende »

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 3379 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?