Inspirasie - Hoe meer dae, hoe meer geduld
 

Inspirasie - Hoe meer dae, hoe meer geduld

Sekere tipe beroepe dwing ’n mens om meer geduld te beoefen. Eduan Mentz is in so ’n beroep. Dit is ook waar dat daar mense met meer geduld as ander is, maar Eduan het hope meer geduld as die gemiddelde mens. Ons het probeer uitvind wat sy geheim is. 

Dienslewering belangrik

Eduan werk by Martech wat Pastel-rekenaarprogramme verskaf en tegniese ondersteuning bied. “Dienslewering is nie net belangrik in mý werk nie. Dit maak nie saak hoe en waar jy met kliënte werk nie, jy moet dit só doen dat hulle weer wil terugkom,” sê Eduan. Loop jy mense raak wat hom ken, is almal eens dat sy geduld merkwaardig is.

Verskeidenheid  mense

Hy is in Kimberley gebore en het hier grootgeword, maar hy erken dat hy na al die jare steeds baie interessante mense ontmoet. “Die verskeidenheid mense waarmee ek werk, is vir my lekker. Ek besoek self baie van die kliënte en die persoonlike interaksie is vir my belangrik.” Dit is nie net dienslewering wat hom na aan die hart lê nie, maar ook sy liefde vir tegniese foute op sagteware. “Sommige foute is moeiliker om op te los as ander, maar dit bly lekker,” vertel hy.

’n Goeie lewensles

Pols jy hom oor sy kenmerkende eienskappe van geduld en taktvolheid, lag hy verleë. “My ma, Hannelie, het baie geduld gehad,” verduidelik hy. “Ek dink sy het vir my ’n baie goeie voorbeeld gestel, maar deur die jare het my geduld ook meer geword. Na haar dood in 2014 het baie dinge verander, maar my geduld het dieselfde gebly,” glimlag hy. “Sy en my pa, Frikkie, het soms vir mekaar kwaad geword, maar hulle het dit altyd voor slaaptyd uitsorteer. Dit was ’n goeie lewensles vir ons almal, want met  my ma se skielike afsterwe was niemand vir iemand kwaad nie.”


Terug Volgende »

Is jy al 'n lid van ons Facebook?

Read 1294 times

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?