Wat is Glitter?
 

Wat is Glitter?

Glitter is 'n plaaslike tydskrif wat in Kimberley in die Noord-Kaap, Suid-Afrika, uitgegee word. Glitter vertel mense-stories. Ons deel in jou hartseer, blydskap, uitdagings en stories van hoop. 

Glitter is gratis by verskeie afsetpunte in Kimberley beskikbaar. As gevolg van 'n baie groot aanvraag, het Glitter 'n webtuiste begin, sodat mense wat nie meer in Kimberley bly nie, of nie gou genoeg 'n tydskrif van die rak af kry nie, niks sal mis nie. 

Word deel hier van ons. Lees die nuutste uitgawe, deel jou storie, neem deel aan ons kompetisies en sluit aan by ons Facebookblad

Vir meer inligting, terugvoer, kommentaar of navrae, stuur 'n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Lekker lees!

booked.net
Watter kompetisie wil jy aan deelneem?